Aantal besoeke aan blog

Tuesday 8 May 2012

Die vergange jare - opgedateer op 2014.06.26: 1960 voltooi

1. Ten aanvang

Die Hoërskool D.F. Malan in Crosby is ’n klompie jare gelede gesluit. Die geboue word tans gebruik vir die Raucall Skool wat deur die voormalige RAU tot stand gebring is.

Die skool sou vanjaar (2014) sewentig jaar oud gewees het sedert sy stigting in Januarie 1944 as die Junior Hoërskool Crosby.



Opmerking: Binne die groen balk word die aantal blogbesoeke tot op datum aangedui.



2. Brokkies uit die verlede























Hoe kosbaar sou die volgende boodskappie oor werksetiek nie vir ons tyd kon wees nie?

"Ons klimaat in Suid-Afrika laat nie toe dat ons dieselfde hoeveelheid harde werk aaneen verrig soos ons voorouers in Europa nie. Ons het rus en ontspanning nodig. Maar – geen ontspanning sonder inspanning, geen rus sonder roer nie.

’n Aantal leerlinge van hierdie skool gaan vanjaar uit om te gaan werk. Ek wil graag hê dat hulle moet onthou:

Arbeid is plig, deur God self ingestel.

Arbeid is ’n noodsaaklikheid, want deur arbeid ontwikkel die mens sy beste liggaams- en geesteskragte. Mense wat nie werk nie, ontaard en gaan hul verval tegemoet.

Arbeid is vreugde, want dit gee voldoening aan die geldingsdrang wat vir elke mens ingeskape is. Deurdat ’n mens werk voel hy dat hy iets beteken, dat hy nie somar ’n nul is nie. Vir baie mense is arbeid die hoogste genot wat hulle kan smaak.

Arbeid is ook ’n middel tot bestaan. Mens werk om te kan lewe. Maar dit moet nie net dit wees nie.Waar arbeid slegs ’n middel tot bestaan is en as sulks aangesien word, is dit ’n vloek. Daar is miljoene mense vandag vir wie dit niks anders is nie.

Daar is geen eweredigheid tussen arbeid en die geldelike vergoeding daarvoor nie. Uitstekende werk word dikwels swak beloon, en omgekeer. Maar ons moet ons nie daaraan steur nie.Ons moet ons werk beskou as die belangrikste uitdrukking van ons persoonlikheid, en nie as eweredig aan die hoeveelheid geld wat ons daarvoor kry nie."

Opmerking: Klik op 'n besondere stuk grafika om 'n groter beeld op die skerm te kry.

























Ons prefekte

Waar ons skool so vinnig groei en uitbrei is dit onvermydelik dat ons prefektestelsel ook moet groei om by die veranderde omstandighede aan te pas.

Toe die eerste prefekte in 1945 gekies is het ons ’n pratige konstitusie op gestel, vandag is daar egter baie min van die mooi konstitusie oor. Verled jaar moes ons die aantal prefekte uitbrei van 12 na 16 omdat meer pligte en werk op die skouers van die prefekte geplaas is. Vanjaar moes daar weer aan die konstitusie getorring word om voorsiening te maak vir die nuwe stander nege klas; volgende jaar sal ons verder voorsiening moet maak vir die verwagte matriekklas. Die hoop bestaan dat ons gedurende 1950 ’n nuwe konstitusie sal kan opstel wat aan die nuwe vereistes sal voldoen.

Onder moeilike omstandighede het die prefekte van 1949 steeds hulle bes gedoen om hulle pligte getrou na te kom. Die goeie gees in di skool, die netheid van die gebou en omgewing, die ordelikheid van die leerlinge gedurende en buite skoolure is grootliks aan die leiding en voorbeeld van ons prefekte te danke.

Prefektefonds

Hierdie fonds is in 1948 deur die prefekte gestig met die doel om bydraes te kan lewer aan liefdadigheids- en ander verdienstelike bewegings.

1948 In vorige jaarblad verantwoord: £30.0.0
1949 Aan die ‘Transvaler’ Kersfeesfonds £20.0.0
Aan Ons Kinderdag £5.0.0
Aan Kreupelsorg-vereniging £5.0.0
Aan Skoolfonds (bydrae met skoolfunksie) £6.0.0
Totaal £68.0.0

Ons hoop dat ons vanjaar weer ’n stywe bydrae sal kan lewer aan die Kersfeesfonds.”




In die onder 13-span herken ek name en gesigte wat vir my in my kleintyd bekend was.











































































































































































































































































































































































































 














































































 

Die opsteller van hierdie blog (Willie) was in 1960 in matriek. Ek het voorsien om nog 'n paar jaar na 1960 te verhaal. In hierdie stadium lyk dit nie of dit in die afsienbare toekoms sal gebeur nie. Ek vertrou dat die fragmentariese opgetekende geskiedenis van D.F. Malan vir iemand van betekenis sal wees.